Twee omroepers verlaat 5FM
2012-02-23 14:05
Kaapstad – Die radiostasie 5FM het bekendgemaak die twee omroepers Grant en Anele, wat die middagprogram aangebied het, gaan die radiostasie verlaat.
Grant en Anele, wat die middagprogram tussen 12:00 en 15:00 aangebied het, sal die radiostasie aan die einde van Maart verlaat.
5FM het in 'n mediaverklaring gesê Grant verlaat die stasie omdat hy homself verder geestelik wil versterk terwyl Anele by 'n ander radiostasie gaan aansluit.
Highveld Stereo het intussen op die sosiale netwerk Twitter bekendgemaak dat Anele by sy span aansluit.
– iafrica.
– Volg Nuus24 op Twitter.