Trump het bly sit, al het sy toring geskud
2011-08-24 21:30
New York – Donald Trump het ten tyde van die
aardbewing wat gister die ooskus van Amerika geruk het, in sy kantoor op die
26ste verdieping van sy gebou in New
York bly sit.
Terwyl almal die Trump Tower ontruim het, het
Donald Trump aanhou werk.
Volgens die Hollywood Grind het Trump “in die
gebou agtergebly omdat hý dit gebou het en dit ‘n aardbewing kan weerstaan”.
‘n Bron ná aan die sakeman het gesê Trump sal “nooit
sy gebou verlaat nie”.
“Hy het dit ontwerp uit niks uit nie.
“As daar iets rampspoedig sou gebeur, sal
Trump die laaste een wees om die gebou te verlaat,” het die bron gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Channel24