Trouklokkies vir Brad en Angelina?
2012-01-26 10:02
Kaapstad – Brad Pitt het bevestig dat hy graag met Angelina Jolie wil trou.
Die Hollywood-paartjie het gesê dat hulle nie die knoop sal deurhaak voordag almal, insluitende gay-paartjies, die reg het om te trou nie.
In ‘n onderhoud met Hollywood Reporter het Pitt gesê die finale stap sal baie vir sy familie beteken.
“Ons wil eintlik baie graag (trou) en dit lyk asof dit meer en meer vir ons kinders sal beteken,” het hy gesê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter