Trouklokkies vir Adele?
2012-02-23 12:04
Londen – Die Britse sangeres Adele, wat die afgelope paar maande in 'n verhouding met Simon Konecki is, beplan om in Las Vegas te trou.
Dít kom te midde van bewerings dat hulle verloof is, nadat Adele op verskeie geleenthede met 'n knoets op haar ringvinger gesien is.
"Hulle kan dit nie verdra om van mekaar af weg te wees nie, en het alreeds gesê hulle wil vir die res van hul lewe saam wees. Adele was nog nooit een vir groot partytjies nie, so sy het aan Simon gesê sy sal eerder wegloop om te gaan trou," het 'n bron aan die tydskrif Look gesê.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter