Trouklokke vir Halle Berry?
2012-01-12 08:51
Los Angeles – Die 45-jarige aktrise Halle Berry en Olivier Martinez, haar medester in die film Dark Tide, is glo verloof.
Berry was voorheen met die bofbalspeler David Justice getroud. Hul huwelik het slegs vier jaar gehou voordat hulle in 1997 geskei is.
Sy het daarna in 2001 met die sanger Eric Benet afgehaak, maar is twee jaar later weer geskei.
Bewerings doen egter nou die ronde dat sy en Martinez gaan trou nadat hy die ja-woord aan haar gevra het met 'n smarag diamantring.
Berry en Martinez is sedert 2010 reeds 'n paartjie.
Sy is glo baie beïndruk hoe hy haar driejarige dogtertjie, Nahla, behandel.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.