Trouklokke vir Brangelina?
2011-05-30 17:44
Los Angeles – Die akteur Brad Pitt het geskimp dat hy en Angelina Jolie dalk binnekort gaan trou omdat hul kinders druk op hulle plaas.
Pitt, wat Maddox (9), Pax (7), Zahara (6) en hul biologiese kinders Shiloh (5) en die tweejarige tweeling Knox en Vivienne saam Jolie grootmaak, het aan die USA Weekend magazine gesê die kinders praat gereeld oor trou en dit beteken baie vir hulle.
Pitt en Jolie het in 2005 begin uitgaan kort nadat hy en sy eerste vrou, Jennifer Aniston, uitmekaar is.
Jolie was al twee keer vantevore getroud, met die akteurs Johnny Lee Miller en Billy Bob Thornton.
- BangShowBiz.
- Volg Nuus24 op Twitter.