Triomf vir Affleck by Oscars
2013-02-25 07:42
Los Angeles – Ben Affleck se politieke riller, Argo, het Stephen Spielberg se Lincoln uitgestof om met die beeldjie vir beste rolprent by die 85ste Oscar-toekennings in Hollywood vereer te word.
Amerika se presidentsvrou, Michelle Obama, en die Hollywood-legende Jack Nicholson het dié toekenning Maandag vanuit die Withuis aangekondig.
Dit is slegs die vierde keer in die geskiedenis van die Oscars dat 'n rolprent in die afdeling vir beste fliek wen sonder dat dit ook in die kategorie vir beste regisseur benoem is.
Affleck het in 1997 'n Oscar gewen vir beste oorspronklike draaiboek vir Goodwill Hunting.
Daniel-Day Lewis het met die beeldjie vir beste akteur weggestap vir sy vertolking van die Amerikaanse president Abraham Lincoln in die fliek Lincoln.
Die verhaal van die kultus-sanger Roderiguez, Searching for Sugarman, wat gedeeltelik in Kaapstad verfilm is, as die beste dokumenêre rolprent aangewys.
Wenners in hoofkategorieë:
Beste rolprent: Argo
Beste Akteur: Daniel Day-Lewis, Lincoln
Beste Akrise: Jennifer Lawrence, Silver Linings Playbook
Beste regisseur: Ang Lee, Life of Pi
Beste manlike byspeler: Christoph Waltz, Django Unchained
Beste vroulike byspeler: Anne Hathaway, Les Miserables
Beste oorspronklike draaiboek: Django Unchained, Quentin Tarantino
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP