Travolta wil straler aan museum skenk
2012-02-02 17:00
Warner Robins – Die akteur John Travolta beplan om ‘n straler aan ‘n museum in die staat Georgia te skenk, ter ere van sy oorlede seun.
Chrissy Miner, woordvoerder vir die Robins-lugmagbasis, sê die Hollywood-akteur sal ‘n G-2 Gulfstream-straler aan die Lugvaartmuseum skenk.
Beamptes van die museum sê Travolta, wat ook ‘n vlieënier is, skenk die vliegtuig ter ere van sy seun Jett, wat in 2009 gesterf het.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP