Travolta spog met peperduur nuwe straler
2011-09-23 10:48
Los Angeles – Die akteur en vlieënier John Travolta het ‘n nuwe luukse straler aangeskaf om met sy familie oor die wêreld heen rond te vlieg, berig Contact Music.
Die Pulp Fiction-ster, wat ook ‘n gekwalifiseerde vlieënier is, het sy eie Bombardier Challenger 601-straler gekoop nadat hy as die vliegtuigvervaardiger se nuwe ambassadeur aangewys is.
Travolta beplan om met dié nuwe vliegtuig sy vrou, Kelly Preston, en hul kinders, Ella (11) en Benjamin (nege maande) op 'n hele paar reise te neem.
Die straler se verkoopprys is sowat $25 miljoen (ongeveer R205 miljoen).
– Volg Nuus24 op Twitter.