Travolta se eie familie in Gotti-film
2011-05-05 20:31
Los Angeles – Kelly Preston, John Travolta se vrou, gaan
sy medester in die opkomende film oor John Gotti wees.
Sy vertolk die rol van Gotti se vrou, Victoria.
Travolta sal in die rol van John Gotti te sien
wees.
Om alles te kroon vertolk sy dogter, Ellen Bleu
Travolta, die rol van Gotti se dogter, Angel Gotti.
Die verfilming van Gotti: Three Generations,
sal aan die einde van die jaar begin en behoort ‘n jaar of wat later in teaters
te wees.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA