Tracy Morgan sak inmekaar by filmfees
2012-01-23 13:00
Utah – Die akteur Tracy Morgan is na 'n hospitaal gehaas nadat hy by die Sundance-filmfees inmekaar gesak het.
Volgens TMZ het Morgan net sy toespraak klaargemaak nadat hy 'n toekenning ontvang het. Hy het inmekaargesak terwyl hy uit die gebou vergesel is.
'n Woordvoerder vir die Park City Mediese sentrum het aan TMZ gesê dat geen dwelms of alkohol in die komediant se bloed gevind is nie.
"Dit is 'n kombinasie van uitputting en hoogte bo seevlak wat 'n rol gespeel het," het Lewis Kay, Morgan se woordvoerder, in 'n verklaring gesê.
"Hy is tans saam met sy verloofde en dankbaar vir die mediese hulp wat hy ontvang. Enige berigte van Tracy wat alkohol ingeneem het, is 100% vals," het Kay gesê.
– Iol.
– Volg Nuus24 op Twitter.