"Toy Story 3" verdien meeste geld
2010-08-14 20:40
Kaapstad - Die rolprent Toy Story 3 is nou die animasie-rolprent wat nog die meeste geld van alle tye verdien het, het RSG op hul webwerf berig.
Die derde rolprent in die Pixar reeks oor die cowboy, Woody, ruimtevaarder Buzz Lightyear en die speelgoed se eienaar, Andy, het meer as $920 miljoen by die loket verdien, sedert dit in Junie begin draai het.
Dit beteken die rolprent het Dream Works se Shrek 2 onttroon.
Pixar het die karakters van Toy Story die eerste keer in 1995 bekendgestel.
Die Walt Disney maatskappy het Pixar in 2006 vir $7,4 miljard dollar gekoop.
- Vir die volledige storie besoek RSG.
- Volg Nuus24 op Twitter.