Toptv bedien afgeskeepte mark

2010-05-09 08:22
Tweets Share Share line Print

Johan Eybers

Johannesburg - Gesonde mededinging in die betaaltele­visie-bedryf het nou bekostigbare kykstof vir ons almal gebring.

So sê Rudolph Muller, mede-eienaar van die MyBroadband-webblad, oor TopTV en Super 5 Media se nuwe satelliet-betaaldienste.

“Ons het klaar gesien dat DStv geen keuse gehad het nie as om op TopTV se toetrede tot die mark te reageer,” sê Muller.

DStv het dadelik ’n nuwe, goedkoper pakket beskikbaar gestel en ook nuwe kanale by sommige van sy bestaande pakkette gevoeg.

“Dit wys op gesonde mededinging en die wenner is ek en jy,” sê hy.

TopTV het aan die begin van die maand begin uitsaai met pakkette wat wissel van R99 per maand vir 24 kanale tot R249 per maand vir ’n pakket waar verbruikers kan kies tussen 7 verskillende boekette.

Super 5 Media beplan om van 1 Junie af TV-uitsendings per satelliet en via optiesevesel- en koperkabels te beeldsaai.

Super 5 Media was tot dusver baie geheimsinnig en wil niks bekend maak oor die koste van sy diens of die inhoud wat hy gaan uitsaai nie.

DStv se nuwe pakket, DStv Lite, kos R99 per maand vir 25 kanale – net een kanaal meer teen dieselfde prys as TopTV se basiese pakket.

Die bohaai oor al die nuwe mededinging kan verbruikers oorweldig en hulle kan verkeerde besluite neem oor die kykstof waarvoor hulle betaal, waarsku Muller.

Hy beskou die R99-pakkette van sowel TopTV as DStv as ’n “mors van geld”, want “dit bied beslis nie enige wêreldklas-TV-vermaak nie”.

“Kwaliteit is hier belangriker as kwantiteit. Dit help nie om geld te blaas op kykstof waarin jy nie belang stel nie.”

Dit is onwaarskynlik dat TopTV intekenare van DStv sal wegrokkel omdat DStv die uitsaairegte vir krieket, rugby, sokker, nuwe TV-reekse en trefferflieks het, sê Muller.

“Nuwe kykmateriaal sal nog steeds eerste op DStv verskyn. Dit sal daarna deur TopTV uitgesaai word voordat dit op gratis kanale soos e.tv en die SABC-kanale beskikbaar gestel word,” sê Muller.

Dit is eerder die kykers vir wie DStv te duur is wat TopTV se teikenmark is, sê hy.

TopTV moet verwelkom word omdat dit ’n segment van die mark bedien wat grotendeels deur DStv geïgnoreer is en omdat dit mededinging in die mark aanwakker, sê Muller.

Hy sê TopTV se goedkoop dekodeerders gee ook aan meer mense die geleentheid om toegang tot betaaltelevisie te verkry. TopTV se dekodeerders kos R499 en sluit die satellietskottel sowel as gratis installasie in.

Melinda Connor, publisiteitsbestuurder van TopTV, sê die meeste van hul tandekryprobleme, soos hemelhoë oproepvolumes, tekorte aan dekodeerders en installeerders wat mense geld vra, is nou onder beheer.

“Ons het ons oproepsentrum vergroot, nog ’n paar duisend dekodeerders op die mark vrygestel en ons geakkrediteerde installeerders van 350 tot 400 vermeerder.”

Oor die klagtes dat installeerders kliënte geld vra, het sy gesê: “Die dekodeerders sluit installeringsbewyse in. Mense moet beslis geen geld daarvoor betaal nie.”

- Rapport

Lees meer oor: televisie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.