TopTV se porno-geveg raak warm
2012-01-09 18:56
Kaapstad – TopTV gaan voort met sy planne om pornografie uit te saai en wil sy porno-pakket binne twee weke bekendstel.
In die tussentyd beplan die Suid-Afrikaanse Onafhanklike Kommunikasie-owerheid (Icasa) ‘n hofinterdik om ‘n stokkie voor die operateur se planne te steek, sou hy voortgaan met sy pakket voordat daar ‘n publieke verhoor en ‘n besluit oor die aansoek gemaak is.
Icasa het TopTV verlede week gedagvaar en maak nou gereed vir ‘n moontlike hofgeding as die uitsaaier voortgaan met sy planne om porno uit te saai sonder die reguleerder se goedkeuring.
In ‘n brief aan intekenaars aan die einde van 2011 het TopTV oorspronklik 20 Desember aangedui as die datum waarop hy sy pakket, met ‘n aparte maandelikse fooi van R199 vir die drie kanale, sal bekendstel.
Nietemin het Heather Kennedy, vise-president vir bemarking by die kanaal, nou gesê dat TopTV se drie pornografie kanale “in die volgende twee weke sal begin wys”.
TopTV se planne is aan die einde van verlede jaar met wydverspreide publieke weerstand ontvang.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Channel24