TopTV-intekenare sukkel met diens

2010-05-17 06:39
Tweets Share Share line Print

Thinus Ferreira, Die Burger

Kaapstad - 'n Beleërde TopTV se kliëntediensoproepsentrum knak onder duisende oproepe wat die betaal-TV-operateur eenvoudig nie kan hanteer nie, ’n gehawende elektroniese programgids (EPG) op televisie wat nie reg werk nie en nuwe intekenare wat sedert 1 Mei, toe die diens begin het, steeds nie gehelp is nie.

Die Burger is oorval met klagtes van radelose nuwe intekenare wat vrugteloos probeer deurkom na TopTV se kliënte­diensnommer by 08600 86788. Die nommer moet gebel word om die diens te aktiveer en ’n gratis installeerder te ontbied, nadat ’n dekodeerder gekoop is.

TopTV het die kliëntedienssentrum reeds twee keer die afgelope twee weke vergroot en brei dit vandag met nog 100 oproepsentrum-operateurs uit nadat duisende oproepe eenvoudig nie deurgaan nie of afgesny word.

TopTV het ook pas ’n nuwe SMS-hulp­nommer – 40004 – ingestel waarheen intekenare wat ná veelvuldige pogings net nie deurkom nie, hul naam en TopTV-dekodeerdernommer kan SMS. TopTV belowe intekenare sal binne 24 uur gekontak word.

Viola Samuels van Mitchells Plain is een van die moedelose nuwe TopTV-intekenare wat met groot opgewondenheid op 1 Mei – die eerste dag waarop TopTV-dekodeerders te koop aangebied is – hare by House & Home gaan koop het.

Teen Vrydag het sy steeds gewag dat iemand van On Digital Media (ODM), wat die TopTV-betaaltelevisiediens bedryf, na haar toe terugkom nadat sy uit pure radeloosheid opgehou het om stemposboodskappe te los.

“Ek het my TopTV-dekodeerder met gratis installering op 1 Mei gekoop. Sedert daardie dag wag ek tevergeefs nadat ek hope boodskappe gelos en e-pos gestuur het – sonder enige reaksie.’’

Intekenare wie se TV-diens wel geaktiveer is, kla ook oor die gebrekkige EPG. Byna alle TopTV-kanale se programroosters is heeltemal verkeerd en stem nie ooreen met die uitsaaityd nie. Ander kanale se EPG het geen inligting nie en ander TV-kanale se EPG het verkeerde inligting. TopTV-kykers het dus geen idee wat wys, of gaan wys wanneer hulle die EPG oproep nie, en die verskaffer het ook nie ’n TV-gidstydskrif soos DStv nie.

“Ons is bewus van die EPG-probleme en dis ’n hoë prioriteit vir ons,’’ het Elouise Kelly, ODM-bemarkingshoof, gister gesê.

“Ons het ’n span wat voltyds saam met ’n span van oorsee daaraan werk, van waar die EPG gestuur word. Die inligting wat in die EPG gelaai word, word basies nie deur die sagteware gelees nie. Die span is vol vertroue dat die probleem vroeg hierdie week opgelos sal word,’’ het sy gesê.

Melinda Connor, TopTV-woordvoerder, het gesê TopTV se telefoonstelsel word verder gemoderniseer om nou 270 oproepe gelyktydig te kan hanteer, met nog 100 bykomende mense wat van vandag telefone sal antwoord.

“Dit sal help om die massiewe oproepvolume af te bring. Mense kan ook ’n SMS stuur na 40004.’’

- Die Burger

Lees meer oor: dienslewering  |  top tv

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.