TopTV het ons mislei oor porno, kla AGS

2011-12-09 07:01
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die Apostoliese Geloofsending (AGS) het ’n striemende aanval gedoen op TopTV se “misleiding en gebrek aan integriteit” weens dié se plan om pornografie uit te saai.

Dr. Isak Burger, president van die AGS, dreig met ’n landwye boikotveldtog saam met ander kerke teen TopTV en sy adverteerders as dié plan voortgaan.

Burger sê in ’n verklaring mnr. Vino Govender, uitvoerende hoof van On Digital Media wat TopTV bedryf, het verlede jaar met TopTV se bekendstelling gesê hulle bedryf hul onderneming volgens streng Christelike etiese kodes.

Hy het beloof dat hulle nie van plan is om pornografie uit te saai nie en gesê hulle “wil nie die denke van miljoene Suid-Afrikaanse kinders vergiftig nie”.

Al wat ’n mens nou kan aflei, is dat die vergiftiging van miljoene kinders se denke nou aanvaarbare sakepraktyk vir TopTV geword het, lui die verklaring.

Burger sê dit is bewys dat pornografie in enige medium vernietigend is vir ’n gemeenskap. Mans en tieners word só verslaaf daaraan dat dit al as “die nuwe crack” bestempel is.

Mans wat kompulsief na pornografie kyk, sukkel om normale seksuele verhoudings met hul vroue te hê. Dit lei tot huweliksprobleme en egskeiding. Gesinsverbrokkeling is ’n groot bydraende faktor tot misdaad, geweld en ander maatskaplike probleme in Suid-Afrika.

Burger het ’n beroep op die Onafhanklike Uitsaai-owerheid gedoen om TopTV se aansoek te verwerp.

Tatho Mahapa van TopTV hou vol dat die beskerming van kinders vir hulle van die grootste belang is.

TopTV is bewus van godsdienstige besware teen volwasse inhoud, maar is ook bewus van versoeke daarvoor.

Ná deeglike oorweging van navorsingsverslae het hulle besluit om dit as ’n afsonderlike, losstaande opsie beskikbaar te stel.

Mense wat dit nie wil hê nie, sal daarom nie toegang daartoe hê nie.

Volgens TopTV is dit nie ’n oplossing om eenvoudig nié die volwasse inhoud te lewer nie, omdat die vraag daarna nie sal weggaan nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: pornografie  |  toptv

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.