TopTV: Pornografie is onskadelik

2012-01-17 13:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – On Digital Media (ODM), wat TopTV besit, het in 'n verklaring gesê pornografie "is onskadelik" en "TopTV vra nie om verskoning vir die feit dat hy aan diegene wat volwasse inhoud op televisie wil kyk, toegang daartoe wil gee nie".

Dít kom nadat die Johannesburgse hooggeregshof ODM en TopTV Maandag verbied het om 'n pornografiese pakket bekend te stel. 

Tydens TopTV se bekendstelling in Mei 2010 het Vino Govender, uitvoerende hoof, gesê TopTV sal as deel van sy sakeplan nie pornografiese kanale uitsaai nie.

"Ons bestuur ons besigheid met sterk Christelike etiese kodes en ons beplan nie om 'n pornografiese kanaal bekend te stel nie. Ons wil nie miljoene Suid-Afrikaanse kinders se breine vergiftig nie."

In September 2011 het die maatskappy egter 'n ooreenkoms met Playboy TV UK/Benelux aangegaan om drie kanale, Adult XXX, Private Spice en Playboy Europe, uit te saai.

TopTV het Maandag 'n verklaring uitgereik en gesê pornografie is onskadelik.

"Pornografie is nie net onskadelik nie, maar dit verminder ook die aantal seksmisdrywe in gemeenskappe en in lande waar mense gratis toegang daartoe kry."

Marius Liebenberg, senior adjunkhoof van verkope en bemarking, het gesê die betaaloperateur neem in ag dat diegene wat teen die nuwe kanale gekant is, in die minderheid is.

TopTV wou die pornografiese pakket aanvanklik op 20 Desember bekendstel. Die datum is later na 20 Januarie verskuif, maar die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) het 'n dringende aansoek voor die hooggeregshof gebring en gevra dat die aangeleentheid tot 31 Januarie uitgestel moet word.

Channel24.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: pornografie  |  toptv

Lewer kommentaar op hierdie artikel
30 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.