Top-regisseurs ding mee vir Twilight
2010-03-18 04:05
Kaapstad - Sofia Coppola en Gus van Sant is twee name wat genoem word in die stryd om regie van die laaste aflewering van die Twilight-saga, Breaking Dawn, te behartig, berig Jip.
Albei die regisseurs is al vir Oscars benoem.
Coppola het onder meer Lost in Translation onder haar belt en Van Sant flieks soos Good Will Hunting en Milk.
“Ek is bly dit is bekend, ek het nie geweet dit is iets wat ander weet nie. Ek dink dit is fantasties. Dit is so goed dat hulle uitreik ná dié regisseurs” het Kristen Stewart, wat Bella vertolk, aan MTV.com gesê.
Lees hier meer.