'Top-10 flieks van die dekade'
2009-11-30 13:03
Los Angeles – As Kirk Honeycutt sy opinie oor ‘n rolprent uitspreek, luister meeste mense. Jy hoef egter glad nie met hom saam te stem nie.
Dié bekende film-kritikus het ‘n lys van 10 van sy gunstelingrolprente wat tussen 1999 en 2009 gemaak is, opgestel.
Hy het die rolprente gekies omdat hulle ‘n impak gemaak het.
“Hulle het geskok, ontstel, en uitgelok.”
“Hulle het mense van stryk af gebring.”
“Hulle het erfenisse nagelaat, toekennings gewen en meer as net ‘n paar mense getreiter,” sê hy.
“Nie een van die flieks is maklik of konvensioneel nie.”
“Dit is wat ‘n rolprent uitmuntend maak.”
Hier volg Kirk Honeycutt se toptien rolprente van die dekade:
10. THE WHITE RIBBON
9. THE DIVING BELL AND THE BUTTERFLY
8. CACHE
7. DIVINE INTERVENTION
6. FAR FROM HEAVEN
5. 4 MONTHS, 3 WEEKS AND 2 DAYS
4. THE FOG OF WAR
3. NO COUNTRY FOR OLD MEN
2. UNITED 93
1. LETTERS FROM IWO JIMA
- Sapa