Tom Cruise op “missie” by hoogste toringspits
2010-11-02 10:41
Dubai - Die akteur Tom Cruise het letterlik die hoogtepunt van sy loopbaan in Dubai bereik – toe hy van die wêreld se hoogste gebou gehang het.
Cruise is naby die spits van die 828m hoë Burj Khalifa-gebou opgemerk waar hy aan ‘n spantou van die toringspits gehang het.
Dit was gedurende waagtoertjie-verfilming vir die nuutste aflewering in die Mission: Impossible-filmreeks.
Plaaslike mediaberigte het Dinsdag foto’s van Cruise, in pikswart geklee, gewys terwyl hy oor die voorkant van dié glas en staal gebou getree het.
Die nuwe fliek, Mission: Impossible, Ghost Protocol, sal heelwat tonele uit Dubai, Moskou en Vancouver bevat.
Die fliek sal in Desember 2011 vrygestel word.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP