Toeriste stroom na Kate se tuisdorp
2011-01-11 23:00
Londen – Kate Middleton se tuisdorp, Bucklebury, gaan nooit weer dieselfde wees nie.
Van Sondag af sal toeriste met ‘n toerbus deur dié rykmansbuurt, waar die toekomstige koninklike grootgeword het, kan ry.
Opgeleide toergidse sal vir die toeriste kan wys waar sy gewoon het, waar sy skoolgegaan het en waar sy as babatjie gedoop is.
Dit wil voorkom asof veral Amerikaners gefassineerd is met die troue tussen Prins William en Kate Middleton.
“Daar blyk meer belangstelling in Amerika te wees as in ons eie land,” het Adrian Morton, hoof van die reisagentskap wat eersdags busse na Bucklebury sal stuur, gesê.
Morton het verwag dat sy toere nie goed ontvang sal word deur plaaslike inwoners nie, maar hy sê tot dusver het niemand nog gekla nie.
Volg Nuus24 op Twitter.