Titanic-ster sterf in haar huis
2010-09-28 05:46
Los Angeles - Gloria Stuart, die Hollywood-aktrise wat vir 'n Oscar benoem is vir haar rol in Titanic, is in die ouderdom van 100 dood.
Benjamin Stuart Thompson, haar kleinseun, het gesê Stuart is Sondagaand in haar huis in Los Angeles in haar slaap dood.
Stuart het die rol van die bejaarde Titanic-oorlewende gespeel, waarvan Kate Winslett die rol van die jong vrou vertolk het.
Sy en Winslett is albei vir 'n Oscar benoem vir dié rolprent.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP