Titanic is terug, in 3D
2010-03-16 12:47
Los Angeles – Die regisseur James Cameron het bevestig dat hy sy treffer-rolprent Titanic weer op die silwerdoek sal plaas, die keer in 3D.
Cameron het in 1998 die Oscar vir beste regisseur vir dié rolprent gewen. Hy sê hy beplan om dit in 2012 weer op die silwerdoek te plaas. Dit sal net betyds wees vir die 100ste herdenking van dié skip se noodlottige vaart.
Dié rolprent, met die sterre Leonardo DiCaprio en Kate Winslet in die hoofrolle, was op sy tyd die mees winsgewende rolprent van alle tye. Cameron se eie Avatar het onlangs dié rekord gebreek.
Lees hier meer