Tina Fey ‘n dogtertjie ryker
2011-08-15 21:53
Los Angeles – Die 30 Rock-ster Tina Fey het Woensdag geboorte geskenk aan ‘n babadogter, het People magazine berig.
Penelope Athena Richmond is die tweede dogter vir die 41-jarige Fey en haar 50-jarige man, Jeffrey Richmond.
Fey het haar swangerskap vir die eerste keer in April aan Oprah Winfrey bekend gemaak.
Fey en Richmond se eerste kind, Alice, is vyf jaar oud.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters