Tim Robbins kuier in Kaapstad
2012-01-24 16:56
Kaapstad – Die ster van Shawshank Redemption, Tim Robbins, is twee keer die afgelope week by ‘n deli in Seepunt, Kaapstad, gesien.
Cravings Deli het Dinsdag die volgende boodskap getweet: “Tim Robbins het ons twee keer die week besoek – en dis nog net Dinsdag! :)”
Hulle het ook ‘n foto van die Amerikaanse akteur saam met een van die werkers opgelaai.

Die akteur Tim Robbins saam met 'n werknemer van Cravings Deli. (Cravings Deli)
Tim Robbins, wat bekend is vir sy rol in Shawshank Redemption, was ook in die Oscar-bekroonde fliek Dead Man Walking en in Mystic River.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Channel24