Tim Burton beoordeel Cannes
2010-01-26 11:29
Parys – Die regisseur Tim Burton sal die beoordeling van films tydens vanjaar se Cannes-rolprentfees lei, het organiseerders Dinsdag gesê.
Burton, wat bekend is vir sy rolprente Edward Scissorhands, Sleepy Hollow, Batman en Ed Wood sê hy sien uit na die twee week lange rolprent-maraton wat voor hom lê.
“Nadat ek toe ek jonger was 48-uur lange gruwelfilm marathons gekyk het, is ek eindelik reg hiervoor,” het hy gesê.
Volgens Burton is dit ‘n droom wat bewaarheid word.
“As jy aan Cannes dink, dink jy aan die wêreld se rolprente en siende dat films nog altyd vir my soos drome was, is hierdie ‘n droom wat bewaarheid word,” het hy gesê.
Die Cannes-rolprentfees word vanaf 12 tot 23 Mei gehou.
- Reuters