Tiener steek homself ná optrede dood
2011-04-18 18:00
Oregon – ‘n Tienerseun het homself op die verhoog
doodgesteek ná hy aan ‘n oop-mikrofoon-aand by 'n koffiekroeg in Bend, Oregon, deelgeneem het, het die Mail Online berig.
Kipp Rusty Walker het blykbaar ‘n liedjie
genaamd Sorry For All the Mess gesing voor hy homself herhaaldelik in die bors
begin steek het.
Die gehoor het aanvanklik gedink dis deel van
die optrede en het hom toegejuig terwyl hy doodgebloei het.
“Dit was rêrig onduidelik wat eintlik aan die
gang was,” het Rhonda Ealy, eienaar van Strictly Organic (waar die voorval
plaasgevind het), gesê.
“Dit was ‘n oomblik wat ons almal se lewens
vir ewig sal verander.”
Volgens ‘n vriend van Walker, het hy al lankal
beplan om homself dood te maak.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.