Tiener sit nà inbraak by hartebreker se huis
2010-05-11 14:13
Los Angeles – ‘n Jong realiteitster is tot ses maande tronkstraf gevonnis nadat sy by Orlando Bloom, die ster van Pirates Of The Caribbean, se huis ingebreek het.
Alexis Neiers (18) verskyn op die E! realiteitsreeks Pretty wild.
Sy het aan polisie erken dat sy verlede jaar in Bloom se huis ingebreek het.
Dit was glo saam met ‘n groep tieners wat bekendes se huise geteiken het vir inbrake.
Sy ontken dat sy enigiets gesteel het ten spyte daarvan dat kunswerke en horlosies wat aan Bloom behoort tydens dié inbraak vermis geraak het.
Sy sal ses maande in die tronk deurbring en is ook ‘n opgeskorte vonnis van drie jaar opgelê.
- Reuters
Volg Nuus24 op Twitter.