"The Simpsons" gaan op dieet
2009-10-06 05:50
Londen – Vergeen van pizzas en oliebolle – die Britse regering wil hê “The Simpsons” aanhangers moet leer om meer gesond te eet.
Die gesondheidsdepartement is bereid om ongeveer R7.4 miljoen te spandeer om episodes wat gesonder eetgewoontes aanmoedig, te borg.
Die inleiding tot dié geborgde episodes wys strokiesprent karakters wat, soos die Simpsons, op die rusbank voor die TV gaan sit.
Elk het ‘n roomys of skyfies in die hand wat dan in iets gesonders om te eet verander.
Die regering hoop dat die publiek sal besef dat hulle dié gedrag moet naboots, en nie die bier drinkende, oliebol-vretende gewoontes van Homer Simpson en sy familie nie.
Gillian Merron, gesondheidsminister, wil op nuwe, innoverende maniere die teikengroep bereik.
- Reuters