The Ogreling by Baxter te sien
2011-02-01 15:31
Kaapstad - The Ogreling, ‘n internasionale toneelstuk wat oor mensvreters handel, sal vanaf 1 tot 12 Februarie by die Baxter-teater, Kaapstad, te sien wees.
Die regisseur Yvette Hardie en die plaaslike aktrise Ntombi Makhutshi, wat te sien was in London Road, het die Franse-Kanadese toneelstuk ‘n Suid-Afrikaanse gevoel gegee.
The Ogreling is ‘n moet sien vir die hele familie en handel oor ‘n sesjarige seun wat ‘n aptyt vir vlees ontwikkel nadat hy dit by sy mensvreter-pa geërf het. Maar terselfertyd het die seuntjie sy ma se gene geërf om in vrede met die wêreld te lewe.
Kaartjies vir die vertoning is by Computicket beskikbaar.
- Volg Nuus24 op Twitter.