The Eagles land volgende jaar in SA

2011-12-19 07:19
Tweets Share Share line Print

N die 40 jaar lange bestaan van die groep The Eagles was hulle nog nooit in Suid-Afrika nie, maar dít verander volgende jaar wanneer hulle vir drie konserte in die land gaan wees.

Die groep – wat bestaan uit Glenn Frey, Don Henley, Joe Walsh en Timothy B. Schmit – sal in ’n twee uur lange konsert klassieke treffers soos die immergroen Hotel California, Desperado, Take It Easy, One of These Nights, Heartache Tonight en Take It to the Limit uitvoer.

Hulle is op 4 April in die Kaapstadstadion, op 7 April in die Superbowl by Sun City en op 8 April in die ENB-stadion in Johannesburg.

Benewens die groot treffers van die groep sal die gehoor van die lede se solotreffers hoor, soos Boys of Summer, Life in the Fast Lane en Dirty Laundry.

The Eagles het al meer as 120 miljoen albums wêreldwyd verkoop en ses Grammys ingepalm.

Met verkope van meer as 29 miljoen kopieë is hul Greatest Hits 1971-1975 saam met Michael Jackson se Thriller die albums wat nog die beste ter wêreld verkoop het.

Dié aankondiging kom nadat die Moody Blues bekend gemaak het hulle kom in Mei Suid-Afrika toe, soos ook die gewilde Kanadese sanger Michael Bublé.

Diegene wat in ligter Kersliedere belang stel as dié in die berig hierbo, kan Bublé se Christmas-album in gedagte hou. Meer as 4miljoen kopieë van die album is reeds wêreldwyd verkoop.

Bublé is op 1 en 2 Mei in Kaapstad en 5 en 6 Mei in die Superbowl by Sun City.

Die Moody Blues, asook 10cc en Procol Harum, is op 30 Mei in Kaapstad en 1 Junie in Johannesburg.

Kaartjies vir die Eagles se stadionvertonings kos tussen R320 en R1 070, maar diegene wat hulle in die Superbowl wil sien, sal aansienlik meer moet hoes. Daardie kaartjies kos tussen R1 520 en R3 520.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: the eagles  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.