Televisiereeks kom oor Mandela se lewensverhaal
2012-01-09 22:54
Johannesburg – Nelson Mandela se lewensverhaal gaan in ‘n minireeks vir televisie omskep word, het die vervaardigers van die projek Maandag gesê.
Mandela se kleinseun is ook deel van die projek.
Die reeks sal getiteld wees Madiba, wat Mandela se stamnaam is.
“Dit sal kyk na die innerlike passies en uiterlike kragte wat hom gelei het,” het die vervaardigers in ‘n verklaring gesê.
Die projek het ‘n begroting van $30 miljoen (R245,4 miljoen) en sal kyk na Mandela se verhouding met sy ma, sy politieke aktivisme, sy tyd in die tronk, hoe hy as ‘n politieke leier uitgestyg het en sy verkiesing as Suid-Afrika se eerste swart president.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP