Teenstand teen gay-huwelike 'soos apartheid' – Charlize
2012-05-28 11:45
Los Angeles – Die Snow White and the Huntsman-aktrise Charlize Theron het gesê sy het geen planne om in die nabye toekoms te trou nie.
Die 36-jarige Theron, wat sedert 2010 enkellopend is, het gesê sy dink dié instelling is te ongelyk.
"Trou is nie vir my nie. Totdat dit nie gelyk is vir almal nie, wil ek nie deel daarvan wees nie. Ek het tydens apartheid grootgeword en dit voel dieselfde.
"Hoekom kan heteroseksuele paartjies die wettig getroude status geniet en paartjies van dieselfde geslag nie? Dit is soos om 'n wit- en swart waterfontein te hê," het sy aan You gesê.
Theron het ook gesê sy sal graag ruimte toe wil gaan.
Die Suid-Afrikaans-gebore aktrise, wat in Maart 'n babaseun aangeneem het, dink dit sal 'n "angswekkende" ervaring wees, maar sal graag ’n sitplek wil bespreek op sir Richard Branson se Virgin Galactic, ’n kommersiële ruimtevlugdiens.
"...Ek is seker dit gaan angswekkend wees, maar hopelik sal ek net gaan om te sien hoe dit lyk, so ek sal terugkom."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter