Taylor Swift sukkel met verhoudings
2012-12-06 16:25
Los Angeles – Die sangeres Taylor Swift sukkel om haar verhoudings te laat werk.
Swift, wat voorheen met Conor Kennedy, Taylor Lautner, Jake Gyllenhaal en John Mayer deurmekaar was en tans met die One Direction-sanger Harry Styles uitgaan, is kwaad dat sy nie een van haar vorige verhoudings kon laat werk nie, maar hoop dat haar geluk in die toekoms sal verander.
“Ek verstaan nie hoe ek verhoudings moet laat werk nie,” het Taylor aan Showbizspy.com gesê.
“Ek het nog nooit rerig ‘n lang verhouding gehad nie, so ek het nie ‘n idee hoe dit is nie.”
Intussen is Taylor se vriende glo bekommerd oor haar verhouding met Harry.
“Taylor noem hom al haar kêrel, maar die verhouding is nog in die vroeë stadium,” het ‘n bron vir Us Weekly gesê.
Die bron het bygevoeg dat Taylor al klaar haar skedule verander en op privaatstralers spring om tyd saam Harry te spandeer.
“Dit is dieselfde Taylor-storie, dit gaan in ‘n tragedie ontaard.”
– Volg Nuus24 op Twitter