Taylor Swift dagvaar oor kaalfoto’s
2011-11-01 12:11
Los Angeles – Die sangeres Taylor Swift wil glo ‘n webwerf dagvaar nadat kaalfoto’s wat na bewering aan haar behoort, gepubliseer is.
Volgens die Mail Online dreig Swift se regspan om Celebrity Jihad te dagvaar nadat hulle die foto gepubliseer het.
Die foto wys ‘n halfkaal vrou met blonde krulhare wat op ‘n bed lê. Die webwerf beweer die persoon in die foto lyk baie soos Swift.
Die skinderwebwerf TMZ berig egter Swift se prokureurs het gesê die vrou in die foto is nie sy nie en beweer die webwerf versprei false pornografiese foto’s en valse nuus. Swift se prokureurs wil hê die foto moet van die webwerf verwyder word.
Celebrity Jihad, wat hulself as ‘n satiriese webwerf beskryf wat gerugte, spekulasie, aannames en opinies publiseer, het gesê die inligting op hul webwerf is nie noodwendig waar nie.
Die webwerf het ingestem om die foto af te haal... mits Swift 'n Moslem word.
– iafrica.
– Volg Nuus24 op Twitter.