Taptoe kort daardie sprankel

2011-09-03 09:18
Tweets Share Share line Print

’n Kollega vertel van sy drilsersant in die weermag wat altyd gesê het ’n mens moet daardie “Nugget-gevoel” kry wanneer ’n militêre orkes speel.

Wat die herkoms van die begrip “Nugget-gevoel” is, sal ek nie weet nie, maar ek kan raai dit het te make met ’n gevoel van verrukking, van iets groter as jyself en, natuurlik, hoendervel.

Ongelukkig ontbreek dié gevoel grootliks by vanjaar se SA Taptoe.

Moet geen fout maak nie, die vertoning bly die moeite werd, want dit is nie meer aldag dat ’n mens orkeste soos die polisie s’n of ’n Skotse regiment in aksie sien nie.

Die taptoe is vermaak vir die hele gesin omdat dit iets anders as die gewone bied.

’n Mens voel met tye selfs patrioties, veral aan die einde van die vertoning met die onthulling van die grootste landsvlag wat nog gemaak is.

Wat egter ontbreek, is daardie grootse klank waarvan jy ’n suggestie kry tydens die massa-optrede aan die einde, wanneer die doedelsakke se droefgeestige skreeugeluid met die speel van Amazing Grace jou armhare laat regop spring.

’n Mens mis ook daardie militêre presisie, soos die polisie-orkes wat tydens hul vertoning bevoorbeeld loslittige sangers inspan.

Haggis and Bong is ’n interessante Keltiese en metal-fusiegroep wat ’n ongewone begeleiding vir die Hoogland-dansers bied.

Met hul kaal bolywe geverf met blou Braveheart-lyfverf en hul lang boskasies was hulle nogal iets om te aanskou!

Dit was ook indrukwekkend om te kyk hoe die Hoogland-meisies vlugvoetig oor en tussen die swaarde wip.

Via Volcano, ’n pantsulagroep, het ook hul applous verdien vir hul ritmiese spronge.

Die Lochiel-marsjeergroep van Nieu-Seeland was die moeite werd om van bo af dop te hou, want ’n mens verwag kort-kort dat hulle in mekaar gaan vasloop as gevolg van die manier waarop hulle vorentoe en agtertoe oor die terrein kriskras.

’n Mens wonder wel hoeveel gehoorlede saam met hulle gaan terugkeer Nieu-Seeland toe ná die polisie se voorstelling van ’n motorkaping en die “skiet” van AK-47’s!

Maar wanneer dit kom by suiwer orkesspel, draai die meeste klanke net duskant “Nugget” om.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: taptoe  |  vermaak

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.