Tanya van Graan verloof
2012-12-14 11:36
Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse model en aktrise Tanya van Graan en Kasper Kristoffersen, stigter en uitvoerende hoof van Caven Capital, 'n beleggingsmaatskappy, is verloof.
Van Graan het die goeie nuus met haar aanhangers op die sosiale netwerk Twitter gedeel.
"Ek het die beste verjaardaggeskenk gekry... Ek is verloof," het sy getwiet.
Van Graan, wat in 2007 as die tydskrif FHM se sexyste vrou aangewys is, was al in Binneland, Snitch, City Sesla, Malan en Kie, Hard Copy en verskeie advertensies te sien.
Sy het onlangs saam met die Hollywood-akteur Orlando Bloom gewerk aan die film Zulu, wat volgende jaar uitgereik word.
In die rolprent vertolk sy die rol van Tara, Brian Epkeen (Bloom) se meisie.
Volgens die fliekwebtuiste IMBD.com speel Bloom en Forrest Whitaker die rol van speurders wat die moord op twee jong vroue moet ondersoek.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24