Talle SA-flieks op die silwerdoek
2010-04-02 04:56
Kaapstad - Toe die mense van die Kaapse kuswoonbuurt Seepunt een November-oggend verlede jaar ontwaak, staan daar 14 sinkhuisies op die sypaadjie, met seker 50 mense wat hul goedjies uitpak en ’n ou omie wat vervaard verduidelik sy
mense het geen ander heenkome nie.
Die inwoners van dié gegoede buurt was kwaai omgekrap oor hul nuwe bure – tot iemand die versteekte kameras in die minibussies langs die armsalige gehuggies raaksien en besef: Dis weer Leon Schuster aan die fliek maak.
En word daar nie nou in Suid- Afrika flieks gemaak nie... Shucks Tshabalala’s Survival Guide to South Africa 2010 is maar een van ’n hele swetterjoel plaaslike flieks wat vanjaar hier by ons verskyn, want die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf beleef ’n bloeitydperk soos min.
Lees meer hier.