Tacy Morgan terug by die werk ná ineenstorting
2012-01-25 18:58
Los Angeles – Tracy Morgan het Dinsdag teruggekeer werk toe nadat hy by die Sundance-filmfees ineengestort het.
Die 43-jarige akteur is na die Park City Mediese Sentrum in Park City, Utah, gehaas nadat hy Sondag by ‘n toekenningseremonie ineengestort het.
Nietemin dring Tracy daarop aan dat hy piekfyn is en hy sal Woensdag weer nuwe tonele vir 30 Rock begin opneem.
Die komediant beweer dat die hoogte bo seevlak hom geraak het.
Ron Nyswaner, die mede-vervaardiger van Tracy se nuwe film Predisposed, het ‘n kombinasie van hoogtesiekte en komplikasies as gevolg van die akteur se diabetes blameer vir sy ineenstorting.
“Dit was hoogtesiekte, gekombineer met sy diabetes. En hy het nie geëet nie. Hy het nie genoeg water gehad nie,” het hy verduidelik.
Daar is berig dat die komediant tydens ete buite beheer was en dat hy glo geskree en rondgeval het.
Nietemin het ‘n woordvoerder vir die hospitaal bevestig dat geen alkohol of dwelms in sy liggaam gevind is nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- BangShowBiz