Taai stryd vir Survivor-finaliste
2010-04-15 09:31
Kaapstad – Die twee finaliste van die Survivor SA: Santa Carolina wat veg vir die titel van finale Survivor is die televisie-aanbieder Ashley Hayden en die eksotiese dansklub-eienaar GiGi (beide 42 jaar oud).
Die wenner sal by die regstreekse uitsending van die Survivor reünie vertoning aangekondig word en sal op Woensdag 21 April om 19:30 op M-Net uitgesaai word.
Die een wat die meeste stemme van die jurie – wat bestaan uit die agt lede wat vroeër in die reeks uitgestem is, die publiek se stemme sowel as ‘n negende lid van die jurie – ontvang, sal wegstap met R500 000 vir haarself en die welsynsorganisasie van haar keuse.
Dit is nou in die kykers se hande om te stem en selfs die uitkoms van die hele reeks te verander.
Hoe kykers kan stem:
SMS die naam van jou keuse uit die finale twee na 34806 (R2 per SMS en VAS-tariewe geld).
Aanlyn hier
- Lees mees hieroor by M-Net