TV-ster in hegtenis geneem
2010-08-01 02:02
Seaside Heights – Die omstrede ster van die MTV-realiteitsreeks, Jersey Shore, is in hegtenis geneem in die strand-dorp waar dié reeks verfilm word.
“Snooki Polizzi is Vrydagmiddag omstreeks 15:23 in hegtenis geneem,” het Thomas Boyd, polisiehoof in Seaside Heights, gesê.
Volgens Boyd het Polizzi amok op die strand gemaak. Na bewering het sy verskeie persone op die strand ontstel en hulle geteister.
Sy is na die polisiestasie geneem en later weer vrygelaat.
Emily Yeomans, MTV-woordvoerder, wou nie oor die voorval kommentaar lewer nie.
Die tweede seisoen van Jersey Shore het Donderdag afgeskop. Dié realiteitsreeks volg die eskapades van ‘n groep jong Amerikaners wat in ‘n strandhuis woon.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP