TV-reeks belig SA kunste

2010-04-26 15:35
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Meer as 80 000 kilometer is afgelê om die uitsonder­like nuwe televisiereeks, A Country Imagined, na die kassie te bring.

Dié reeks wat Sondagaande om 21:00 op SABC2 uitgesaai word, poog om nie net die natuurskoon van Suid-Afrika te besing nie, maar gaan ook die land se ryk en uiteenlopende kunsgemeenskap huldig.

Dit word aangebied deur die ­bekroonde ­sanger en eertydse ­antropoloog Johnny Clegg, wat vanjaar sy dertigste jaar in die ­musiekbedryf vier.

“Ek dink die program gaan Suid-Afrika se landskappe en kuns op ’n nuwe manier voorstel en ’n bewustheid skep vir die dieper verhouding tussen dié landskappe en kunstenaars,” het Harriet Gavshon, die uitvoerende vervaardiger van die reeks gesê.

Haar maatskappy, ­Curious Pictures, is ook bekend om reekse soos Tobias’ Bodies, The Lab en Hopeville.

Gavshon vertel dat elke episode soos ’n essay verpak is. Daar is onder meer met internasionaal gerekende kunstenaars soos David Goldblatt, William Kentridge, Strijdom van der Merwe en Willem Boshoff gesels, asook met skrywers soos Nadine Gordimer.
 
Verder is daar ’n fokus op Olive Schreiner, en op musikante soos Hugh Masekela en Enoch Sontonga.

Die onderhoude toon die unieke invloed wat ’n bepaalde landskap op die kunstenaars se werk gehad het, soos byvoorbeeld die Oos-Kaap se inwerking op Sontonga en Schreiner. Die fotograaf Goldblatt gesels oor die myndorp Randfontein, wes van Johannesburg, en wys die invloed van mynboubedrywighede op dorpe soos dié in sy werk uit.

In ’n episode gesels Boshoff oor sy kunswerk Children of the Stars , wat tekenend geplaas is in die Wieg van die Mensdom naby Krugersdorp, oor hoe ver hy inspirasie gaan haal vir sy kuns.

Navorsing het reeds 18 maande gelede begin sodat die landskap en die omgewing se kuns eers behoorlik verken kon word. Bykans elke landstreek is besoek.

“Ek dink kykers gaan van voor af verlief raak op ons land. Die reeks is ’n viering van ons land en die skeppende talent daarin,” het ­Gavshon gesê.

Die vervaardigers is Lusanda Chauke en die kunshistorikus ­Tracy Murinik.

Daar is nie ’n onderskeid getref tussen formele of dan hoë kuns of vlytkuns nie. “Ons het alle kunsvorme op dieselfde manier hanteer, hetsy dit nou rotskuns, kralewerk of visuele kuns is.”

A Country Imagined is op alle Suid-Afrikaners gerig, meen Gavshon.

“Die reeks wys hoe elkeen deel vorm van die land. En hoe kuns spontaan uit die landskap groei.”

- Die Burger

 

- Die Burger

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.