TV-program veroorsaak groot opslae
2011-04-11 23:00
Manila – ‘n Baie gewilde televisieprogram in die Filippyne
is gekanselleer ndat die gasheer ‘n huilende sesjarige kind, wat ‘n
ontkleedanseres nagemaak het, op sy program gehad het.
Die aanbieder van “Willie Willie”, Willie
Revillame, het intussen aangekondig dat hy vir twee weke op verlof sal gaan.
Hy kan nie sê of hy na die twee weke gaan terugkeer na die Televisiebedryf nie.
Kykers van die program het ‘n veldtog op
sosiale netwerke geloods en aangedring dat Revillame se program gekanselleer
word.
Hulle het hom van uiterse swak smaak beskuldig
nadat hy beeldmateriaal van ‘n huilende, armsalige, 6-jarige seun wat sy heupe soos ‘n
ontkleedanseres swaai op sy program uitgesaai het.
Die opslae het verskeie borge van die program
laat onttrek.
Volg Nuus24 op Twitter.