TV-kameras by Jackson-dokter se verhoor toegelaat
2011-02-08 17:00
Los Angeles – Televisiekameras sal toegelaat word om die verhoor van Michael Jackson se dokter te volg solank dit nie met die verrigtinge inmeng nie, het ‘n regter gesê.
Dr. Conrad Murray is aangekla van onopsetlike manslag.
Regter Michael Pastor het ook die datum van Murray se verhoor met vier dae vervroeg tot 24 Maart wanneer die jurie aangewys sal word. Die verhoor sal na verwagting ses weke duur.
Murray het onskuldig gepleit en is tans uit op borgtog. Hy staar vier jaar tronkstraf in die gesig indien hy skuldig bevind word.
Murray, wat saam met Jackson op 25 Junie by sy huis was, die oggend toe hy gesterf het, het erken hy het die verdowingsmiddel Propofol aan die 50-jarige sanger gegee om hom te help slaap.
- Volg Nuus24 op Twitter.