Swift, Efron geniet romantiese ete saam
2012-01-20 21:42
Los Angeles – Die Country-sangeres Taylor Swift en die akteur Zac Efron, wat al vir jare vriende is, het vroeër vandeesmaand 'n romantiese ete saam in Los Angeles geniet.
'n Bron het aan US Weekly gesê dat dié twee, wat saam in Efron se Audi by die restaurant aangekom het, was diep in gesprek met mekaar.
Maar vriende van die 24-jarige Efron en 22-jarige Swift beweer hulle is net vriende wat 'n aandjie saam uit geniet het.
Efron het voorheen saam met die High School Musical-ster Vanessa Hudgens uitgegaan terwyl Swift se hart in 2010 deur die akteur Jake Gyllenhaal gebreek is.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.