Susan Sarandon beëindig verhouding
2009-12-25 16:48
Los Angeles – Die aktrise Susan Sarandon en haar lewensmaat Tim Robbins het aangekondig dat hul verhouding beëindig is.
Sarandon se verteenwoordiger, Teal Cannaday, het Vrydag in ‘n verklaring gesê dié twee Oscar-bekroonde akteurs se verhouding is verby. Robbins se woordvoerder was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
Die paartjie was nie getroud nie maar was vir die afgelope 23 jaar saam en het twee seuns. Hulle is bekend vir hul werk in die filmindustrie en ook hul sosiale en politiese aktivisme.
Sarandon, die ster van die film "The Lovely Bones" wat vroeër hierdie maand in die VSA bekendgestel is, het ‘n Oscar gewen vir haar rol in die 1995 film "Dead Man Walking."
Robbins het die Oscar gewen vir beste akteur in `n ondersteunende rol vir die 2003 rolprent "Mystic River."
- Sapa