Susan Boyle sing vir die Pous
2010-09-17 15:18
Glasgow – Susan Boyle het ‘n droom gedroom om eendag vir die Pous te sing, en haar droom is toe bewaarheid.
Boyle, wat bekendheid verwerf het nadat sy op die televisieprogram, Britain’s Got Talent verskyn het, het Donderdag die treffer, I Dreamed a Dream, tydens ‘n diens van Pous Benedictus XVI gesing.
“Dit was nog altyd my droom om vir die Pous te sing,” het Boyle gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- AP