Susan Boyle gaan sing vir Haïti
2010-01-19 23:18
Kopenhagen - Susan Boyle, die ster van Britain’s Got Talent, sal tydens ‘n fondsinsameling in Denemarke vir die slagoffers van die aardbewing in Haïti, optree.
Die geleentheid sal die eerste keer wees wat Boyle in Denemarke optree.
Susan boyle het naam gemaak met ‘n uitstekende opvoering op Britain’s Got Talent.
Haar treffer, "I Dreamed a Dream", was nommer een in ‘n verskeidenheid lande.
Oorspronklik, sou die fondsinsameling ten bate van vrouens in Afrika gewees het.
Onlangse gebeure in Haïti het egter die organiseerders laat besluit om die geld aan slagoffers van die verwoestende aardbewing wat die eiland verlede week getref het, te skenk.
- Sapa