Susan Boyle betrap betreder
2010-01-27 14:17
Londen - ‘n Britse koerant het berig dat die sangsensasie, Susan Boyle, ’n betreder by haar huis in Blackburn, Skotland betrap het.
Die Sun het gesê Boyle wat verlede jaar bekendheid verwerf het vir haar optrede by die talentsoekprogram, Brittain's Got Talent, het teen dié betreder vasgeloop toe sy van 'n opname vir 'n liedjie ten bate van slagoffers van Haïti teruggekeer het.
Plaaslike polisie het dié voorval nie dadelik bevestig nie, maar het net gesê dat ‘n man wel in Blackburn vasgekeer is en later vrygelaat is.
‘n Verteenwoordiger vir Boyle kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.
- Sapa