Survivor-vervaardiger vas vir moord
2010-11-17 10:32
Los Angeles – Een van die vervaardigers van die gewilde Survivor-realiteitsreeks, Bruce Beresford-Redman, is Dinsdag in Los Angeles in hegtenis geneem vir moord.
Volgens die vermaaklikheidswebwerf, People.com, word Beresford-Redman verdink van die moord op sy vrou tydens hul vakansie in Mexico.
Beresford-Redman, wat ook aan die program Pimp My Ride gewerk het, sal Woensdag in Los Angeles in die hof verskyn op aanklag van moord.
Monica Beresford-Redman (41) se lyk is in April vanjaar in ‘n drein by die Cancun-oord gevind.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.